Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...
Laat wiel!
AGTER DIE SKERMS • Desiree Hartney is sedert Maart 2021 Weg se webredakteur. Sy werk uit haar tuiskantoor op Malmesbury.
Weg!
BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, vonkpos of ’n posduif en sê jou sê.
SKRYF AAN ONS EN WEN!
GESELS MET ONS
V & A • Elke maand beantwoord ons kenners lesers se vrae oor voëls, insekte en diere. Stuur jou vrae gerus na redakteur@weg.co.za
KYK HIER!
KORTLIKS
Skrikwekkend maar onskadelik
Venus doen ’n sloertoer!
Die Vaalwater-hotel, Limpopo
BOEKE EN MUSIEK • SAAMGESTEL DEUR MARTINETTE LOUW
PADMUSIEK
ONTMOET DIE SKRYWER • As die pandemie ons een ding oor reis geleer het, is dit dat Suid-Afrika – en ons tuisdorpe – net soveel lekker ervaringe as oorsese bestemmings bied. Die skrywer Ste-hanie Rohrbach het al haar gunstelingavonture in haar omgewing neergepen in haar gids, The Great Little Book of Prince Albert Microadventures.
’n Man sonder naam • ’n Storie met naamlose karakters dryf vinnig weg van jou, sêFrançois Haasbroek. Juis daarom moet jy daai mense se stories vertel.
Van wes na oos deur die hartland • As jy met agterpaaie van Lambertsbaai aan die Weskus tot by Morganbaai aan die Ooskus (en terug) ry, sal jy beslis van voor af verlief raak op Suid-Afrika en haar mense. Kom, ontdek jou land...
WEET VOOR JY WAAI
BLY HIER
Ek en my kar • ’n Motor is ’n wonderlike ding – dit neem jou na jou gunstelingbestemmings teen jou eie pas. Dit maak nie saak of jy ’n luikrugkarretjie of ’n toegeruste 4x4 bestuur nie – dis die lus vir die ooppad wat tel! Ons het ’n paar lesers gevra hoekom húlle rygoed spesiaal is.
In die geselskap van bome • Bome is voorwaar bewonderenswaardig – hulle verskaf suurstof, koelte én kos. En sommige van die ou grotes het besonderse stories. Ons besoek ’n paar Laeveldse uitskieters wat oor die jare heen as kuierplekke, bakens en ’n begin en ’n einde gedien het.
MENSE SE LENSE • Stuur jou beste reis- en natuurfoto’s na menseselense@weg.co.za – dalk bespreek Toast Coetzer jóú foto!
STUUR JOU BESTE REISEN NATUURFOTO’S VIR ONS!
Jy kan ’n Weg-kamerasak ter waarde van R650 wen!
’n Ontmoeting met Gough • Gough-eiland wat doer in die stormbreedtes lê, is een van die belangrikste seevoëlbroeigebiede – en mees afgeleë plekke – op aarde. James Lowe het twee weke lank van Kaapstad af soontoe en terug gevaar.
Een pot genot • Dié ses geregte is perfek vir die naweek of vakansietye wanneer jy met min moeite lekker wil eet.
Koffiekapitaal! • Wanneer jy soggens vroeg by jou tent uitkruip, is ’n skeut kafeïen so noodsaaklik soos suurstof. Die dae waar jy met ’n beker kitssigorei tevrede moet wees, is genadiglik verby. Hier is agt koffiebykomstighede vir jou volgende uitstappie.
Wenke vir goeie koffie • Truth Coffee in Kaapstad is onlangs aangewys as een van die beste koffieplekke in die wêreld en ons het by hulle gaan aanklop vir brouraad wanneer jy kamp.
Die Karate Kid • ’n Nuwe bakkie is altyd groot nuus in Suid-Afrika, veral een so mooi en bekwaam soos die nuwe Mazda BT-50. Is mooi en bekwaam egter genoeg om die Toyota Hilux en die Ford Ranger wat soos soemo-stoeiers...